Terwyl die DA met kopsere sit oor sy Kaapse dames, het die ANC ‘n grootkop ingespan om te probeer om die Wes-Kaap in volgende jaar se algemene verkiesing terug te wen.
Die DA weet nog nie hoe om van hulle Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, ontslae te raak nie, terwyl hulle provinsiale premier, Helen Zille, ook nie meer bo-aan die party se gewildheidslys staan nie en hulle nog geen natuurlike opvolger vir haar het om die verkiesingsveldtog namens die DA te lei nie.
Die ANC het nou hulle voormalige premier en ambassadeur, Ebrahim Rasoo, nadergetrek om hulle veldtog te lei, en hulle glo reeds dat hulle die provinsie met 51% van die stemme gaan terugwen.
Deur: Die Vryburger
DieKaap.com
Continue reading…