Cyril Ramaphosa het persoonlik besoek gaan aflê by Goodwill Zwelithini om hom te verseker dat die ANC nie die tradisionele leiers se grond sal vat nie.
Hy het by ‘n byeenkoms in Natal die teenwoordiges verseker dat hy ‘n goeie verhouding het met Jacob Zuma asook met Dlamini-Zuma.
Dit bevestig maar net dat Ramaphosa, terwyl hy tweede in bevel was onder Zuma, moes geweet het van al die onderduimse transaksies wat die land in bankrotskap gedompel het.
Dit val vreemd op die oor dat die kommunis kader Carl Niehaus oor die kole gehaal is na hy verskoning aangeteken het by die koning oor die grondkwessie maar twee dae later hardloop Ramaphosa self na Zwelithini om hom te verseker dat hul nie sy “stukkie” grond sat steel nie.
VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, sê Ramaphosa se onderneming dat die Ingonyama-trustgronde nie beskou word as deel van die proses van onteiening sonder vergoeding nie, skep gevaarlike dubbele standaarde oor die aangeleentheid
Continue reading…