Die nuwe en moderne hospitaal in De Aar is besig om in ’n wit olifant te ontaard, sê die DA, wat vandeesweek ’n oorsigbesoek daar gehad het.
Isak Fritz, DA-woordvoerder van gesondheid, sê dit is hoog tyd dat Fufe Makatong, LUR van gesondheid, die hospitaal besoek.
“Die hospitaal met sy moderne geriewe en tegnologie kan nie benut word nie weens ’n voortdurende tekort aan personeel en vaardighede.
“Daar is net vier dokters wat die hele hospitaal staande moet hou, terwyl daar nie naastenby genoeg verpleërs is nie.
“Die departementele personeelafdeling sloer met aanstellings. Wanneer besluite uiteindelik geneem word, is die persoon reeds elders aangestel.
“Boonop is daar ’n gebrek aan onderhoud wat die gesondheidsdienste benadeel. Die lugversorging funksioneer nie, wat nadelig vir pasiënte is.
“Die rioolvuil by die personeelwonings is ondraaglik. Al wat die departement moet doen om dit op te los is om die kontrakteur se kontrak te he
Continue reading…