Polisie het motoriste aanbeveel om van alternatiewe roetes gebruik te maak siende dat Bellair Weg en Jan Smuts Hoofweg gesluit is weens protes deur plakkers.
Ongeveer 200 plakkers het paaie versper met bome en oudergewoonte brandende bande.
Die plakkers kom vanuit die nabygeleë Cato Crest “informele woonbuurt”. Mense sterf glo weens “onwettige krag aansluitings”, maar dit is immers die gemeenskap self wat die aansluitings maak, en nou betoog hul daarteen as dit ‘n skokkende uitwerking het op hulle.
Verskeie paaie in die Kaapse metropool, insluitend Jakes Gerwelrylaan en Highlandsrylaan in Mitchells Plain, is Woensdagoggend weens protesaksies gesluit.
Volgens Wayne Dyason, woordvoerder van Kaapstad se wetstoepassingseenheid, is ’n kitsbank, vrugtestalletjie en motor Woensdagoggend vroeg aan die brand gesteek.
Nóg ’n kitsbank is gevandaliseer en ’n winkel en taxi is met klippe gegooi.
Dit was vroegoggend nog nie duidelik waaroor die protesaksie gaan nie.
*Daar was vroegoggend ook betogings in Eldoradopark en Soweto in Gauteng weens ontevredenheid oor voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, maar gemoedere is teen 9:00 gekalmeer.
Gewelddadige aksies deur onwettige inwoners by Dunoon het gelei tot die sluiting van die N7 hoofweg naby Potsdam.
Die polisie is vroeër die dag ingeroep om ‘n onwettige grondbesetting insident te ondersoek naby Dunoon wat gelei het tot die sluiting van die snelweg weens klippe en rommel op die snelweg. ‘n Vragmotor is aan die brand gesteek en motoriste is met klippe bestook. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Daar word groot kritiek uitgespreek dat die land se president van die nie sy magte gebruik en die polisie opdrag te gee om die misdadige elemente vas te vat nie.