Ian Neilson, waarnemende burgemeester van Kaapstad, gaan Maandag ’n tussentydse burgemeesterskomitee aanstel.
Dit kom nadat Patricia de Lille verlede week uit die DA geskop is en gevolglik haar pos kwyt is en haar kantoor moes ontruim.
Neilson is sedertdien as waarnemende burgemeester aangestel en die ou burgemeesterskomitee is ontbind. Die adjunkburgemeester in sy hoedanigheid as waarnemende burgemeester moet dan ’n nuwe burgemeesterskomitee aanstel.
De Lille het Vrydag die hooggeregshof in Kaapstad gevra om haar afdanking uit die DA en gevolglik as burgemeester van Kaapstad ongedaan te maak.
Ian Neilson, waarnemende burgemeester van Kaapstad, gaan Maandag ’n tussentydse burgemeesterskomitee aanstel.Foto:
Regter Patrick Gamble het ’n tussentydse bevel gemaak dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie nié De Lille se pos vul totdat haar aansoek vir die hersiening van ’n besluit deur die DA om haar lidmaatskap te herroep o
Continue reading…