Hy dra die indrukwekkende name, “Prince Ishwar Ramlutchman Mabheka Zulu”en het selfs ’n mooi gebaar betoon teenoor Koning Goodwill Zwelithini op Erfenis dag iewers in Durban.
Die Valke het egter nou begin met ’n ondersoek na die bewerings dat hy sowat R95 miljoen ontvang het wat bedoel is vir boorgate wat gesink moes word in Natal waar ernstige droogte toestande geheers het.
Die boorgate moes in en om Dundee gesink word om water te voorsien aan die mense van die gebied.
Ishwar Ramlutchman (42), wat klaarblyklik ’n uitgeslape bedrieër is maar deur die Koning aangewys is as hoof van die iziNyos regiment, het onlangs nuus gemaak op die voorblaaie van die media, waaroor liefs nie verder uitgewei word nie.
Die “prins” wat dikwels verkeerdelik as die seun van die Zoeloe koning aanvaar word, noem homself ook die seun van die Koning.
Hy word nou ondersoek en staar vervolging in die gesig vir korrupsie, bedrog, en omkopery.
Deur: Die Vryburger
Continue reading…