’n 10-jarige meisie van die Nomzamo-township naby die Strand is dood en drie familielede is besmet met die hoogs aansteeklike bakteriële siekte witseerkeel, het die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement Maandag bevestig.
Die meisie het op 3 Augustus positief getoets vir die siekte en is die volgende dag dood “weens die erns van die siekte”, sê Mark van der Heever, woordvoerder van die departement.
Die siekte is ook by die meisie se ma en twee sibbe gediagnoseer nadat die departement al haar gesinslede getoets het in ’n poging om die verdere verspreiding te keer.
Hulle het medikasie en entstowwe gekry,” sê Van der Heever.
“Meer as 600 individue is in hierdie spesifieke gemeenskap ingeënt,” sê hy.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is 30 000 gevalle van witseerkeel en 3 000 sterftes wêreldwyd in 2000 aangemeld, in vergelyking met byna 100 000 infeksies in 1980.
Hulle het medikasie en entstowwe gekry,” sê Van der Heever.