Nog bergaanvalle is die naweek in die Tafelberg Nasionale Park aangemeld, en ’n groep stappers is naby Duikereiland deur drie gewapende mans beroof.
Table Mountain Watch het Sondag in twee afsonderlike twiets die voorvalle bekend gemaak.
In die eerste voorval Sondagoggend is ’n groep van 11 stappers op die Sentinel-roete naby Duikereiland beroof deur drie mans wat bewapen was.
In die tweede voorval is ’n fietsryer by Vlakkenberg beroof. Volgens Table Mountain Watch is dit die 40ste voorval vanjaar.
Die aanvalle raak al hoe gewelddadiger en slagoffers is al in dié aanvalle dood.
Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorvalle bevestig en gesê niemand is nog in verband met die rooftogte in hegtenis geneem nie.
Van Wyk sê die polisie ondersoek steeds die voorvalle.
Sanparke het einde Februarie op ’n inligtingsessie bevestig die aanvalle op Tafelberg het die afgelope tyd gewelddadiger geraak
Continue reading…