Die brood het gekrimp, maar ons betaal nou meer daarvoor.
Só het ’n ekonoom die verhoging van meer as 13% in selfbetalings deur mediesefondslede die afgelope jaar beskryf.
Verbruikers wat elke jaar swaar trek aan die premies vir hul mediese fondse het boonop nog verlede jaar R29,7 miljard uit hul eie sak opgedok.
Dit is 13,4%, of ’n hele R2,5 miljard, meer as die vorige jaar, toon die jongste jaarverslag van die Raad op Mediese Skemas (RMS).
Boonop word dié syfer onderskat omdat dit net bereken word op die rekeninge wat lede indien waarvoor hulle self betaal het.
Die selfbetalings is die bedrae waarvoor geëis is wat fondse nie betaal nie.
“Dit kan ’n onderskatting wees van die werklike bedrag wat self betaal word omdat lede nie altyd hul eise aan hul fondse stuur wanneer hul voordele opgedroog het nie,” het die RMS in die verslag gesê.
Johann van Tonder, ’n ekonoom en navorser vir Momentum, het gesê mediese inflasie meet nie die styging in bybetali
Continue reading…