Geen antibiotika, hoesstroop of medisyne vir diabete nie.
Dit is van die skoktoestande waarop Lindy Wilson, nasionale DA-woordvoerder, Donderdag op ’n oorsigbesoek aan die Waterval-kliniek in die Vhembe-distrik, Limpopo, afgekom het.
Dit is ondanks 95% van die begroting van die hospitaal wat gebruik word om salarisse te betaal.
Sy het ook die Elim-hospitaal in die distrik besoek wat deur die nasionale departement van gesondheid as ’n loodsprojek vir die beoogde Nasionale Gesondheidsversekeringsplan (NGV) geoormerk is.
“Die NGV is nie lewensvatbaar nie. Hoe kan dit werk as ’n loodsprojek van die NGV misluk het?” wou sy weet.
Die Elim-hospitaal, wat 108 jaar oud is, het ernstige probleme met infrastruktuur en die dak val inmekaar.
Pfuluwani Matdozi, uitvoerende hoof van die hospitaal, het aan Wilson gesê daar is ’n groot tekort aan verpleegsters en dokters.
“Dit is ondanks 95% van die begroting van die hospitaal wat gebruik word om sal
Continue reading…