Gesondheidsorg in die Vrystaat steier steeds onder die voortdurende eksodus van sy topmedici. Pas het nog twee van die provinsie se voorste spesialiste, prof. Schalk Wentzel (55) by urologie en dr. Maryke Spruit (55) by kritieke sorg, bedank.
Dr. Freek Bester, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se sentrale tak, sê om die ervaring van die topspesialiste wat die afgelope jaar en ’n half geloop het te probeer terugwen, gaan moeilik wees.
“Dit kan tot tien jaar neem om nuwelinge aan te stel en hulle weer op dieselfde gehaltevlak te bring nadat die institusionele geheue verlore gegaan het.
“Die bedankings veroorsaak dat pasiënte wat toenemend nie meer mediese fondse kan bekostig nie aan die lot van onbekwame dokters met swak opleiding en min ervaring blootgestel gaan word.”
Die akademiese platforms by die Universitas- en die Pelonomi-hospitaal, waar mediese studente aan die Universiteit van die Vrystaat opleiding ontvang, se toekoms wor
Continue reading…