Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA) het beswaar aangeteken teen die reuse verlies van opgeleide dokters wat nou na ander lande verhuis omdat die regering hulle nie vir hulle jaar praktiese werk kan betaal nie.
Die uittog van pas afgestudeerde dokters is toegeskryf aan die Departement van Gesondheid se onvermoë om die dokters te plaas waar hulle diens kan doen, en waarvoor hulle deur die regering betaal moet word.
’n Woordvoerder van Sama sê die ernstige tekort aan dokters word verder in die wiele gery deur die Departement van Gesondheid wat nie hulle verantwoordelikheid nakom nie.
Hy sê die ernstige toestand soos malaria, tuberkulose, Vigs, en ander siekte toestande kan slegs effektief behandel en bestry word deur genoeg dokters wat ook kosbare ondervinding opdoen in die siekte toestande.
Sowat 440 mediese personeel wat nie geplaas is nie, en waarvan 400 beurshouers is, het glo die land verlaat omdat hulle hul beroep wil beoefen.
Deur: Die
Continue reading…