’n Pretoriase vrou is in skok nadat haar “koorsblaar” in ’n lewensgevaarlike kanker ontaard het wat al groot dele van haar gesig geskend het.
Clara van Heerden (52), van Hermanstad in Pretoria-Wes, beskuldig die dokters van die Steve Biko- akademiese hospitaal dat hulle haar al sedert 2016 verkeerd gediagnoseer het.
Sy sê die dokters daar het aanhoudend gesê sy het ’n infeksie. Hulle het verskeie reekse antibiotika voorgeskryf, maar nooit ’n biopsie gedoen nie.
“Niks het gehelp nie,” sê sy. “Dit was die heeltyd net seer.”
En elke keer was die “koorsblaar” groter.
Sy sê sy is al sedert verlede jaar op ’n waglys om ’n biopsie te kry.
Sowat ’n maand gelede het sy dit met die finansiële hulp van ander in die private sektor laat doen.
Dr. Fritz Hoogendijk, ’n private kaak- en mondchirurg, het twee weke gelede vir haar die uitslag van die biopsie gegee: Sy het nog al die tyd kanker en nie ’n koorsblaar nie.
Clara
Continue reading…