Die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement ondersoek aantygings van pasiënte wat sê hulle mag die toilet by die Frere-hospitaal in Oos-Londen net drie keer per dag gebruik.
As hulle die toilet buite die geskeduleerde toilet-tye ná elke ete wil gebruik, sal dit sonder die hulp van verpleegsters wees.
Sinethemba Joya (29), ’n pasiënt van Kaapstad wat in die hospitaal opgeneem is met twee gebreekte bene ná ’n taxi-ongeluk, het onlangs haar misnoeë oor dié reëling op sosiale media uitgespreek.
Uit haar plasing blyk dit dat sy die 04:00-toilet-tyd gemis het. Teen 09:00 kon sy nie langer uithou nie en het noodgedwonge haar kosblik gebruik om in te urineer.
Joya het verder beweer bejaarde pasiënte wat hul beddens natmaak, moet as straf die hele dag lank in die nat bed en hul eie urine lê.
Jane Cowley, DA-woordvoerder oor gesondheid, het in reaksie op Joya se inskrywing gesê die oënskynlike verontagsaming van pasiënte en hul waardigheid is skokkend.
Continue reading…