Kundiges in die gesondheidsbedryf het op die jaarlikse konferensie van die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) in Kaapstad hewig van mekaar verskil oor wat die redes vir ‘n skerp toename in die koste van mediese skemas is.
Matthew Prior, hoof van gesondheidsbeleid van Life Healtcare, sê ’n toename in benutting van gesondheidsdienste word die afgelope jare as die hoofoorsaak beskou vir hoë mediese inflasie. Hy sê die premieverhogings wat mediese skemas van hul lede eis, is die werklike maatstaf van mediese inflasie vir verbruikers.
Prior het die debat gelei oor die redes vir die toename in die benutting.
Navorsing deur Medscheme, die administrateur van mediese skemas, toon daar is ’n verband tussen ’n toename in hospitaalbeddens en die skerp styging in hospitalisasie wat verlede jaar ervaar is, sê dr. Jenni Noble, hoofbestuurder van Medscheme.
Die mededingingsowerhede se paneel wat die markondersoek na die gesondheidsbedryf doen, het in 2016
Continue reading…