Die Wes-Kaapse departement van landbou is goed op dreef om sy teikens te behaal wat grondhervorming betref en gaan ’n studie laat doen om vas te stel presies watter vordering sedert 2014 gemaak is.
Alan Winde, LUR vir ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou, het Dinsdag in die provinsiale wetgewer gesê die laaste navorsing het daarop gedui dat 62% van die grondhervormingsprojekte suksesvol was en ’n eksterne studie sal gedoen word om dit op te dateer.
In dié studie sal gekyk word na toegang tot markte, die hou van aantekeninge oor verkope en vervaardiging, boere se vermoë om wins terug te ploeg in hul ondernemings, opgedateerde sakeplanne en die nakom van belasting- en arbeidswette.
Volgens Winde is ’n teiken gestel van 70% sukses met dié projekte oor die volgende vyf jaar.
“Dit is die een gebied waar vennootskappe uiters waardevol is. Sedert 2014 het kommoditeitsorganisasies 173 mentors aangestel wat met kleinboe
Continue reading…