Een van die generiese antiretrovirale middels (ARM’s) wat deur Sonke Pharmaceuticals namens die staat versprei word, veroorsaak kommerwekkende newe-effekte.
Só sê Sello Mokhalipi, voorsitter van die Positive Action Campaign (PAC) in die Vrystaat, ná ’n besoek Donderdagoggend aan die Bloemspruit-kliniek buite Bloemfontein.
Tans gebruik dié pasiënte Abacavir vir babas. Dit help nie. Inteendeel, dit veroorsaak die ontwikkeling van weerstandigheid by MIV-pasiënte.
Die PAC het onderhoude met verskeie pasiënte gevoer en ook met die fakulteitsbestuurder vergader.
Sonke Atenef-tablette veroorsaak na bewering die ontwikkeling van weerstandigheid teen ARM’s, asook vergrote borste en voortdurende menstruasie by vroue.
“Die newe-effekte word deur goedkoop medikasie van ’n maatskappy met die naam ‘Sonke’ veroorsaak,” sê Mokhalipi.
Pasiënte wat ARM’s vir die eerste keer neem en wat nie nierprobleme het nie, word Sonke Atenef toegedien om
Continue reading…