Sekere dele van die Sizwe hospitaal in Edenvale is erg beskadig deur ‘n brand wat deur ontevrede pasiënte aangerig is.
Die aanleiding daartoe was dat ‘n verpleegster dwelms en drank gekonfiskeer het wat pasiënte ingesmokkel het. Dit het hulle woedend gemaak.
Hulle het daarop deur die hospitaal beweeg en enigiets wat breekbaar was, gebreek. Die gebou is erg gevandaliseer en die kombuis en ruskamers is skynbaar totaal vernietig.
Die hospitaal spesialiseer in die behandeling van vigs en tuberkulose.
Foto – Die Sizwe Tropiese Siektes Hospitaal, in Edenvale, Johannesburg.
Die Vryburger, 22-08-2017
______________________________
Free Medical-Aid, Hospital and Funeral Plan and Insurance Quotes at www.MedSure.co.za
______________________________
Continue reading…