Verpleegsters wat verlede jaar hul graad- en diplomakursusse voltooi het, sit hande in die hare omdat die Vrystaatse provinsiale departement hulle nie aanstel nie.
Dié verpleegsters is verplig om ’n jaar lank gemeenskapsdiens te verrig voordat hulle ten volle kan kwalifiseer.
Mariette Pittaway, ’n DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, sê sy het al in Februarie vanjaar ’n brief aan die LUR vir gesondheid, Butana Komphela, gerig oor die probleem.
In Februarie het die departement gesê hy het nie geld om die mense aan te stel nie, maar ’n versoek dat die verpleegsters vrygestel word van die verpligte jaarlange gemeenskapsdiens is geweier.
Al die beskikbare poste moes aan verpleegsters van die Free State School of Nursing gaan omdat dié verpleegsters hul beurse moet terugbetaal.
Pittaway sê as die Vrystaatse departement die verpleegsters vrystel, kan hulle in een van die ander provinsies die verpligte jaar gemeenskapswerk gaan doen en kwalifiseer.
Continue reading…