Die inligting van meer as 4 000 tuberkulose-pasiënte uit 80 000 gevalle landwyd het in die Noord-Kaapse departement van gesondheid se inligtingstelsel “verlore” gegaan.
Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier, sê Fufe Makatong, LUR vir gesondheid, moet dringend ’n aksieplan opstel om dié pasiënte op te spoor.
Die DA sê sy inligting kom uit die departement se eerste kwartaalverslag vir die 2018-’19-boekjaar.
“Daar is meer as 8 000 verlore pasiënte in Suid-Afrika en 4 189 van hulle is in die Noord-Kaap. Die Frances Baard-distrik, waarbinne Kimberley val, het 2 364 pasiënte, sê Louw.
“Dié pasiënte het óf hul behandeling onderbreek óf nooit daarmee begin nie óf hulle weet nie dat die ernstige siekte by hulle gediagnoseer is nie. Hulle stel daarom ook ander se lewens in gevaar.”
Volgens Louw is die tuberkulose-taakspanne se werksaamhede nie bestendig nie. Daar is ook nie ’n begroting vir ’n bewusmakingsveldtog nie.
“Personeel wo
Continue reading…