Inwoners van die Bolandse dorp, Paarl, het oor die afgelope ure mekaar behoorlik in die hare gevlieg oor een van die oudste tradisies in die dorp.
Die Paarlse Toringkerk dateer van 1875 en is die kerkgebou met die hoogste toring in die land. Onder die oud-leraars van die kerk tel ook die Taalstryder, SJ du Toit.
Die klok in die toring dui al vir die afgelope eeu elke halfuur die tyd van die dag aan en die klokgelui op ‘n Sondagoggend is een van die kenmerke van ‘n stil Bolandse dorpsoggend.
Nou nie meer nie. ‘n Jaar of drie gelede het ‘n jonggetroude paartjie ‘n huis naby die kerk betrek. En nou is die gelui van die klok vir hulle so ‘n stoornis dat hulle ‘n ou wet aangehaal het waarvolgens die decibelvlak van die klokgelui té hard is en geëis dat die gelui daarvan stopgesit word. Tensy daar ‘n plan mee gemaak kan word, mag die klok van die Toringkerk nie meer lui nie.
En daaroor is die dorpenaars nou hoog die h
Continue reading…