Indien narkotiseurs meen dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en die beoogde prysbeheer ’n bedreiging vir hul beroep inhou, kan tot sowat 480 of ’n derde van hulle die land verlaat.
Natalie Zimmelman, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Narkotiseurs (Sasa), het Dinsdag op ’n mediakonferensie die uitslae van ’n peiling onder narkotiseurs oor onder meer die NGV bekend gemaak.
Sy sê narkotiseurs is ’n “hoogs sensitiewe en baie mobiele” arbeidsmag omdat meer as 40% van hulle ook in ander lande geregistreer is. Meer as 50% het reeds in ’n ander land gewerk.
“Hulle kan môre die land verlaat as hulle wil.”
’n Peiling wat verlede jaar vir die markondersoek oor private gesondheidsorg uitgevoer is se inligting is nou vrygestel.
Dit toon 35% of sowat 480 narkotiseurs oorweeg dit om in die komende vyf jaar die land te verlaat. Dit hou met sosio-ekonomiese bedreigings vir hul beroep en hul siening oor die gesondhe
Continue reading…