Vrystaat se pasiënte wat afhanklik is van staats medisyne en mediese toebehore gaan ’n ernstige probleem in die gesig staar nadat daar bevind is dat die mediese staatsdepot in Bloemfontein nie die nodige voorraad betyds aan hospitale en klinieke kan lewer nie.
So het Patricia Kopane, DA-LP en DA-premierskandidaat vir die Vrystaat, Dinsdag ten tyde van ’n oorsig-inspeksie gesê.
Kopane het gesê die mediese depot voer ’n stryd om medisyne betyds aan Vrystaatse hospitale en klinieke te lewer.
“Terwyl baie faktore ’n rol speel, is die opsigtelikste redes die verouderde stoorbestuursrekenaarstelsel wat verskeie kere ineengestort het, vervoerprobleme en onvoldoende personeel.
“Die stoorbestuursrekenaarstelsel is ontwerp sodat die depot kon reageer op verskeie versoeke vir medisyne van verskillende gesondheidsgeriewe van oor die provinsie heen.”
Kopane sê die provinsie se gesondheidstelsel is op die rand van ’n krisis met die depot wat ’n a
Continue reading…