Die staking by die San Michele-tehuis in Brakpan is vir eers opgeskort nadat “een van die pasiënte dood is”, het Ellen Bodoza, woordvoerder van die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw), gesê. Dié vakbond verteenwoordig die stakers.
Bodoza het Maandag gesê hul lede het by die tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte gestaak en ’n 6%-loonverhoging geëis.
Die staking het Vrydag begin.
“Hoewel die loonverhoging deur die departement van gesondheid goedgekeur is, het die bestuur geweier om dit te aanvaar. Ons lede is vroeër ingelig oor die sterfte en die staking is intussen opgeskort,” sê Bodoza.
Sy kon nie bevestig of die werkers vandag sal terugkeer werk toe nie.
Intussen sê Marius Bosman, bestuurder van dié tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënt dat die stakers kan nie geblameer word vir die dood van die pasiënt nie.
“Sy was verstandelik erg gestremd en op die oomblik wil ons nie te vinnig reag
Continue reading…