Medisyne in staatsklinieke op Upington wat glo na koeler bergplekke verskuif moes word omdat hul krag in die snikhete afgesny is, mors geld en lei tot swak dienslewering.
Só sê Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier, wat aan Fufe Makatong, die LUR vir gesondheid, geskryf het om te versoek dat die departement sy elektrisiteitsrekeninge betyds betaal.
“Die departement het uitstaande skuld by die Dawid Kruiper-munisipaliteit. Die kragtoevoer is dus op 1 Oktober in die Paballelo- en Straussburg-klinieke afgeskakel.
“Die gevolg was dat immuniteitsmedikasie ter waarde van R140 000 na ’n ander koeler plek met elektrisiteit verskuif moes word.
“Dit beteken die suster moet op eie koste na die bergplek ry om die medisyne te gaan haal. Dit neem baie tyd in beslag en mense moet in lang rye wag.
“Dit kan onuithoudbaar in temperature tussen 31 °C en 38 °C word. Klinieke kan nie sonder elektrisiteit funksioneer nie. Dit is ondenkbaar dat diagnoses in die donk
Continue reading…