Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het sy saak bepleit in ‘n verklaring waarin hy sê dat daar 14 onkologie apparate is wat elk R40 miljoen werd is, maar daar is geen spesialiste om die apparaat te gebruik nie.
Natal ondervind al maande lank ‘n probleem nie net met dokters nie, maar met mediese apparaat wat of stukkend of ondiensbaar is. Tans is daar een onkoloog in Natal in diens wat 1,3 miljoen kankerpasiënte moet behandel. Nou doen Motsoaledi ‘n beroep op privaat spesialiste om te kom help en die toerusting te gebruik.
Dit krap medici baie om omdat hy ‘n nuwe gesondheidstelsel te wil afdwing maar hy besef nie dat daar mediese personeel is wat die werk moet verrig nie. Kankerpasiënte moet tans in sekere hospitale tot vier maande wag voordat hul bestraling kan kry maar volgens die staat is dit nie “’n krisis” nie.
Deur: Die Vryburger
______________________________
Free Medical-Aid, Hospital and Funeral Plan and Insura
Continue reading…