Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Maandag gewaarsku dat Suid-Afrikaners bedag moet wees op ’n malaria-risiko, veral in die noordelike dele van die land wat nou die somerreënseisoen binnegaan.
“Ongelukkig het ons nog nie die laaste van malaria in Suid-Afrika beleef nie wat volgens alle aanduidings ’n terugkeer maak,” sê dr. Peter Vincent van Netcare se reis-klinieke. Volgens Vincent is daar onlangs malariagevalle aangemeld in plekke waar vroeër geglo is malaria uitgewis is, soos die Waterberg-distrik in die noord-oostelike deel van Limpopo.
Hy benadruk dat die reënseisoen in die noordelike dele van die land aanleiding gee tot die toename in gevalle van malaria. “Die risiko is die hoogste tussen September en Mei wat al voorheen as die malaria-seisoen bestempel is.
“Maak seker dat jy weet waar die geaffekteerde gebiede is en watter tipe voorsorgmaatreëls nodig is. Malaria word aangetref in die noordelike dele van Limpopo
Continue reading…