Twee pasgebore babas is dood ná ’n uitbreking van ’n weerstandige Klebsiella-bakterie in die Thelle Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus aan die Oos-Rand.
Klebsiella-longontsteking is in die hospitaal se neonatale-eenheid geïdentifiseer.
Lesemang Matuka, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê sewe gevalle van Klebsiella-longontsteking is in Julie geïdentifiseer “en het ongelukkig tot die sterfte van twee babas gelei”.
Monsters is geneem en is na die laboratorium gestuur om die bron van die siekte vas te stel.
Die hospitaal het sedertien maatreëls getref om infeksievoorkoming en -beheer te versterk en die eenheid noukeurig te monitor.
“Die departement beplan om ’n provinsiale taakspan te saam te stel wat deur ’n neonatoloog gelei word om deurlopend te kyk na die maatreëls om moontlike toekomstige infeksies in al ons geriewe te voorkom,” het prof. Mkhululi Lukhele, departementshoof, wat Woensdagoggend die hosp
Continue reading…