Die Noord-Kaapse departement van gesondheid kan hom regmaak vir eise van R60 miljoen vir skadevergoeding nadat hy mediese nalatigheid by die geboorte van drie babas erken het.
Die bedrae wat geëis word, moet nog in verdere verhore bewys word.
Dit volg op drie siviele gedinge wat die afgelope drie weke in die hooggeregshof in Kimberley teen die LUR van gesondheid ingedien is.
Die babas wat weens nalatigheid gestremd is, benodig heeltydse versorging en terapie. Geld moet ook vir hul toekomstige mediese behoeftes opsy gesit word.
Hul ouers moet onder meer ook sielkundige berading kry.
Die eise vir die babas beloop elk tussen R18 miljoen en R20 miljoen, en vir die ouers sowat R1,1 miljoen elk.
Die eis van ’n vrou wat heeltydse gesondheidsprobleme weens die bevalling ontwikkel het, beloop R1,8 miljoen.
Die mediese personeel in die drie gevalle word daarvan beskuldig dat hulle nie deurentyd die pasiënte en hul ongebore babas gemonitor en betyds regst
Continue reading…