Duisende pensioenarisse wat op die Discovery Health Medical Scheme (DHMS) se Keycare Plus-opsie is, moes tot hul skok hoor hul premies styg volgende jaar met sowat 47%.
Lede op die KeyCare Plus-opsie betaal premies gegrond op hul maandelikse inkomste.
Die skerp premieverhoging raak 139 000 lede wat op die laagste inkomstevlak van KeyCare Plus is. Van hulle is 19 000 ouer as 65.
’n Leser van Netwerk24 het gekla omdat haar 77-jarige ma, wat ’n maandelikse inkomste van R8 000 het, meer sal moet opdok. “Sy het vanjaar R990 per maand betaal en die premie styg volgende jaar tot R1 456, en die voordele bly dieselfde.”
Haar ma wou anoniem bly omdat sy nie wil hê mense moet weet wat haar inkomste is nie.
“My ma sit aan die hoër inkomstekant van wat al die jare Keycare se kliëntebasis was. Wat van al die ander mense wat veel minder verdien?”
Volgens haar is talle voordele tussen 2017 en 2018 weggeneem.
“Sy het natuurlik ander uitgawes ook, s
Continue reading…