Suid-Afrika se gesondheidsektor het tans ’n landswye tekort aan lewensnoodsaaklike entstof wat voorkomend is vir Witseerkeel asook ’n entstof ter voorkoming van klem in die kaak.
Die tekort het ouers nie net gefrustreerd gelaat nie, maar veroorsaak woede en angs omdat hul geliefdes se algehele toestand bedreig word.
Die tekort aan die entstof is ’n ernstige bedreiging vir kinders se gesondheidstoestand en kan lei tot sterftes wat voorkom kon word.
Die mense in afgeleë gebiede moet dikwels lang afstand te voet aflê na klinieke waar hulle die voorkomende entstof kry vir hulle kinders, en word nou woedend omdat hulle telkens aangesê word om maar weer later te kom.
Dit blyk egter dat die tekort nie by verskaffers is nie, maar by die owerhede wat nalatig is om betyds hulle voorraad aan te vul.
Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
______________________________
Free Medical-Aid, Hosp
Continue reading…