Baie Suid-Afrikaners is so warm onder die kraag oor die Discovery-groep se planne om aan swart deposante ’n 10%-belang in sy nuwe bank te gee dat hulle dreig om Discovery se mediese fonds te verlaat.
Die sangers Bobby van Jaarsveld en Steve Hofmeyr is deel van dié groep ontevredenes.
Mense wat dit oorweeg, moet hulle deeglik vergewis van die vereistes van die Wet op Mediese Skemas sodat hulle nie sonder dekking in ’n krisis gelaat word nie.
Eerstens geld ’n wagtydperk vir enige nuwe lid van ’n mediese fonds. Hoe lank dié wagtydperk is, hang af van hoe lank jy lid van jou vorige fonds was – langer of korter as twee jaar ononderbroke.
As jy langer as twee jaar lid was, geld ’n wagtydperk van drie maande, maar net as daar nie meer as 90 dae verloop tussen die lidmaatskap van die twee fondse nie.
In die drie-maande-wagtydperk moet jy die volle premie betaal, maar net eise ten opsigte van voorgeskrewe minimum voordele (VMW) en lewensbedreigende
Continue reading…