HET jou kind griepsimptome met veral ’n hoes wat langer as twee weke aanhou?
Dan moedig die provinsiale departement van gesondheid ouers aan om hulle kinders so gou moontlik na ’n dokter of kliniek te neem.
Lwandile Sicwetsha, provinsiale woordvoerder, het die uitbreking bevestig van Bordetella pertussis, die bakterie wat kinkhoes veroorsaak.
Dit het reeds die lewe van ’n maand oue baba geëis.
Sedert die begin van die jaar tot 15 Oktober is 26 voorvalle in die Baai aangemeld – 13 by privaat gesondheidsinstansies en 13 by staatshospitale.
Asemhaling
Laas jaar is net vyf gevalle van kinkhoes in die Baai aangemeld.
Sicwetsha sê kinkhoes tas meestal babas jonger as drie maande aan.
Die simptome van kinkhoes sluit grieperigheid in en ’n hoes wat langer as twee weke aanhou, asook moeilike asemhaling.
Die siekte kan genees word as dit vroeg opgespoor word.
Sicwetsha sê as babas vir hul inentings geneem word, vermin
Continue reading…