Skokkende wanbestuur by die Tshilidzini-hospitaal in Limpopo het daartoe gelei dat dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, dié hospitaal se hele bestuurspan in die pad gesteek het.
Die hospitaal in die Vhembe-gebied bedien ’n groot gemeenskap.
Probleme by die hospitaal sluit in vervalle geboue, swak diens, lang toue mense wat ure lank wag net om huis toe gestuur te word sonder enige hulp. Dit word grootliks toegeskryf aan swak bestuur.
Verskeie pasiënte het by Ramathuba gekla toe sy onlangs die hospitaal besoek het. Van hulle het gesê dat hulle ure gewag het, maar niemand was bereid om te help nie.
Ramathuba sê sy is bekommerd oor die negatiewe verslae wat die hospitaal gekry het en ’n regrukstrategie moet bewerkstellig word om die vertroue van die publiek te herstel.
“Soos dit blyk uit gesprekke met van die werknemers, is dit duidelik dat die hospitaal nie ’n behoorlike bestuurstelsel het nie. Daar is ’n groot behoefte aan lei
Continue reading…