Bouwerk het begin om die grootste staatslykhuis in die Wes-Kaap – wat 3 800 lykskouings per jaar doen – te vervang. Dit volg ná jare se beplanning en uitstel.
Die Wes-Kaapse departemente van gesondheid en openbare werke het pas aangekondig daar is begin met die projek van R281 miljoen. Dit sal 23 maande neem om die nuwe Observatory Forensiese Patologie-instituut te bou.
Die ou staatslykshuis in Soutrivier wat al sedert die 1950’s in gebruik is, sal nie meer bestaan nie.
Die nuwe gebou grens aan Hoofweg in Observatory en is langs die Kaapstadse Wetenskapsentrum geleë.
Die ou fasade van die oorspronklike gebou, die Pepsi Cola-fabriek, word om geskiedkundige redes behou en die res word nuut gebou.
Die gebou sal uit drie verdiepings bestaan, met 26 lykskouingtafels en vier areas vir disseksie sowel as areas vir opleiding.
Forensiese patoloë wat deels verbind is aan die Universiteit van Kaapstad en deels aan die departement van gesondheid doen lyk
Continue reading…