Die Laerskool Vaalwater in Limpopo is tot verdere kennisgewing gesluit nadat skarlakenkoors by etlike leerlinge en onderwysers gediagnoseer is.
Ouers is Maandagoggend laat weet om hul kinders as voorkomingsmaatreël by die skool te gaan haal.
Skarlakenkoors is Vrydag by twee gr. R-leerlinge van die Laerskool Vaalwater deur dokters gediagnoseer. Daar word nog vasgestel hoeveel van die skool se 195 leerlinge die siekte onder lede het.
Bronne na aan die skool sê nóg leerlinge het Maandag siek by die skool opgedaag.
Minstens ses onderwysers is intussen ook met die hoogs aansteeklike bakteriese siekte besmet. Die skool het die onderwysdepartement in kennis gestel.
Sam Makhonde, woordvoerder van die onderwysdepartement in Limpopo, en Derick Kganyago, woordvoerder van die departement van gesondheid, kon teen laat Maandagmiddag nie die uitbreking van die siekte bevestig nie.
Marlene van Staden, burgemeester van Vaalwater, is daarvan bewus en sy probeer vass
Continue reading…