Die stank van sowat 40 ontbindende lyke van ongeïdentifiseerde mense, waarvan sommige al ’n jaar lank in die staatslykhuis in Bloemfontein lê sonder om opgeëis te word, maak die werksomstandighede vir die werknemers daar onuithoudbaar.
Sommige van die yskaste werk nie en die lugversorgers is boonop stukkend terwyl die temperature bedags soms tot by 40 °C klim.
Dié haglike omstandighede is ontdek toe Patricia Kopane, DA-LP en Vrystaatse DA-leier en lid van die portefeuljekomitee vir gesondheid in die parlement, saam met Nomsa Marchesi, ook ’n DA-LP en kiesafdelingshoof vir Xhariep, ’n oorsigbesoek saam met die media aan die lykshuis afgelê het.
Die vrot reuk in die gange van die lykhuis het van die politici en medialede so byna-byna laat naar word.
“Dan verwag hulle dat die personeel elke dag ’n glimlag op hul gesig moet hê,” het ’n geskokte Kopane gesê.
Sy sê dit is ook ’n skande dat daar ernstige loodgieterprobleme is in die lok
Continue reading…