’n Nuwe siekte het in 2017 kop uitgesteek onder die topvyf chroniese siektes waaraan mediese fondse wat Mediscor se dienste gebruik, die meeste geld bestee.
Die gebruik van generiese medisyne pleks van die oorspronklike is nou 59,9%.
Bipolêre gemoedsversteuring het asma onder die topvyf vervang.
Volgens Mediscor, die bestuurder van farmaseutiese voordele, se jaarlikse verslag het mediese fondse verlede jaar 64% van die totale besteding aan chroniese siektes wat onder voorgeskrewe minimum voordele val, aan die topvyf bestee.
Die topvyf (met die persentasie van die totale besteding aan chroniese siektes in hakies):
Hoë bloeddruk (26,5%)
Diabetes tipe 2 (13,6%)
MIV/vigs (10,8%)
Hoë cholesterol (8,2%)
Bipolêre gemoedsversteuring (5%)
Bipolêre gemoedsversteuring het asma in die vyfde plek vervang.
Die siektes se plek op die ranglys het effens verander gemeet aan die voorkoms per 1 000 lewens.
Die topvyf hier (met die getal per 1 000 lewens
Continue reading…