Buite die lykshuis drom desperate groepies familielede saam om te wag vir ’n geliefde se lyk. Sodra die wind draai, tref die stank jou.
’n Man, wat anoniem wil bly, vertel sy broer is Maandag doodgeskiet in Vosloorus en hy het gekom om hom te kom haal. “Ons hoor by die ander families hier daar is lyke wat al twee weke hier binne lê.
“Wat nou gebeur, is jy moet die werkers omkoop om seker te maak jóú geliefde se lyk is volgende . . .”
Twee verskillende begrafnisondernemers, wat om professionele redes en hul gereelde kontak met dié lykshuis ook nie geïdentifiseer wil word nie, vertel aan Rapport die fasiliteit is chaoties.
Een staan saam met ’n pa in rou wat sy dogter se lyk ná twee weke kom haal, en vertel hy wéét as hy nou ingaan, sal sy al “groen” wees.
’n Ander ondernemer sê die werkers “gee eenvoudig nie om nie’’.
Werkers eis glo hoër lone en kla oor ’n tekort aan beskermende drag.
Dr. Paul Morule, uitvoerende
Continue reading…