Natal gesondheid in gemors

Die Natalse Gesondheidsdepartement sit reeds twee jaar sonder ‘n finansiële hoof.

Die departement sê dat hulle hul bes doen om die pos te vul.

Die vraag is nou wie intussen omsien na die finansiële kontrole van die departement?

Ten spyte van verskeie pogings en advertering van die pos is daar nog niemand aangestel nie. Waarnemers sê dit behoort nie te wees weens ‘n tekort aan vaardigheid nie, maar eerder ‘n tekort aan politieke kaders.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!