#PLAASMOORD: Melkboer En Sy Vrou In Rolstoel Se Kele Afgesny – Sterf Grusaam – Westonaria

 
Die lyk van Hannes Kidson van die plaas Oortjie, op die grens tussen Jachtfontein en Westonaria, Gauteng is op0 die 13de Januarie 2018 tussen bale in ‘n skuur gevind. Sy kieeol was afgesny.
 
Kidson se vrou, Ester, wat in ‘n rolsoel was na ‘n heupoperasie, is in hul plaashuis vermoor. Sy is ooki keel afgesny.
 
Sarel Cilliers, ”n vriend van die Kidson-egpaar en ook ‘n boer in die omgewing, se daar was kort na 15:00 ‘n boodskap op die gemeenskapspolisieringsforum (GPF) se WhatsApp-groep dat die Kidson-egpaar aangeval is en hulp benodig.
 
Toe lede van die GPF op die toneel kom, was die egpaar reeds dood.
 
Annette van Rensburg, nog ‘n boer van die omgewing, se ‘n plaaswerker het op die lyke afgekom en alarm gemaak.
 
Volgens Cilliers het hulle inligting dat ‘n plaaswerker een van die aanvallers is.
 
“Ons weet wie en is nou op soek na hom en die ander wat hierby betrokke was”, se Cilliers.
 
Die Kidson se huis was volgens Cilliers erg omgekrap.
 
“Ons weet nie wat die aanvallers gesteel het nie”.
 
Kaptein Ernst Appel, Polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
 
Geen verdere inligting is nog beskikbaar nie.

Enjoyed this post? Share it!