Vier maniere om jou mediesefonds-spaargeld te rek

Ons gee verbruikers vier maniere om hul mediesefond-spaargeld te rek.

Gebruik generiese medisyne

As generiese medisyne beskikbaar is, is dit ʼn heeltemal aanvaarbare plaasvervanger vir handelsmerkmedisyne, tensy jou dokter dit spesifiek uitsluit. “Baie generiese medisyne is klone ─ dit kan deur die oorspronklike vervaardiger op dieselfde produksielyn gemaak word. Dis net die verpakking wat verskil,” verduidelik Merle Rakusin, ʼn gekwalifiseerde apteker by die Clickswinkel in Claremont.

ʼn Generiese middel moet “bioidenties” aan die oorspronklike handelsmerkmedisyne wees, wat beteken dat die volgende presies dieselfde moet wees:

  • aktiewe bestanddeel
  • sterkte
  • gebruik en uitwerking
  • wyse van toediening (byvoorbeeld ʼn pil, inaseming of vloeistof)
  • vermoë om binne die regte tydsverloop en in dieselfde mate die verlangde vlak in die bloedstroom te bereik
    toetsstandaarde

Begroting

Bereken jou totale medisynespaarrekeningbedrag vir die jaar. Stel dan ʼn begroting op voordat die jaar begin en sluit die medikasie in wat jy gereeld gebruik. Beraam die balans en wys ʼn bedrag aan elke maand toe.

Daar kan natuurlik onvoorsiene uitgawes wees, maar op hierdie manier het jy minstens ʼn plan in gedagte en jy kan uitwerk wanneer gedurende die jaar jou spaarrekening leeg gaan wees en dienooreenkomstig voorbereidings tref. Rakusin beveel aan dat jy geld vir duur medikasie opsy sit ─ en kontant vir alledaagse items betaal, soos Panadohoofpyntablette of -stroop.

Raadpleeg jou apteker

Hoekom ʼn klomp medikasies gebruik as een goed genoeg sal wees? Byvoorbeeld, vir verkoue- en griepsimptome soos toe-neus, jeukerige oë en hoofpyn, kan jy een medisyne koop wat ʼn kombinasie van ʼn antihistamien, ontstuwingsmiddel en parasetamol bevat wat al jou simptome sal aanspreek, in plaas van drie afsonderlike medisynes.

Praat met jou Clicksapteker oor die mees koste-effektiewe behandeling vir jou kwale.

Chroniese medikasie

As jy chroniese medikasie gebruik, moet jy jou mediese fonds raadpleeg om uit te vind of jou plan vir hierdie medisyne voorsiening maak. Chroniese toestande, van depressie tot diabetes, het spesifieke toewysings vir medikasie en dit beteken dat dit nie uit jou mediese spaarrekening betaal sal word nie.


 

Enjoyed this post? Share it!