Suid-Rand-hospitaal in Johannesburg het 4 031 geboufoute

Meer as 4 000 geboufoute is in die Suid-Rand-hospitaal in The Hill in Johannesburg geïdentifiseer en dit voldoen glo nie aan die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid nie.

Dr. Gwen Ramokgopa, Gautengse LUR vir gesondheid, het dit in ’n geskrewe antwoord op vrae deur Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, in die provinsiale wetgewer onthul.

4 031 foute is geïdentifiseer.

Bloom sê die dak lek, daar is krake in mure, die brandnooduitgang is substandaard en ’n deel van die ventilasiestelsel is foutief.

Hy sê die rioolstelsel moet ook opgegradeer word en die hospitaal benodig nog beddens, bergings- en apteekruimte.

Volgens Ramokgopa is die hospitaal in 1952 gebou en sedertdien minimaal opgeknap.

3 899 foute is sedert die hospitaal gebou is, reggestel, sê Bloom.

Volgens Bloom is dele van die hospitaal onveilig en dit hou ’n deurlopende risiko vir pasiënte en die personeel in.

“Daar is ongelukkig nie ’n begroting op kort termyn vir wat benodig word om die hospitaal op te gradeer nie. Die herstel van die hospitaal moet groter voorkeur kry, sê Bloom.

 


 

Enjoyed this post? Share it!