#PLAASMOORD:  ‘Groot Siel Van Kuruman Wreed Vermoor En Sy Vrou Ontvoer En Aangerand – Tuinwerker Vas Ná Moord 

Lecrecia Prins

Die gemeenskap van Kuruman is Woensdagoggend geruk deur die nuus dat ’n geliefde inwoner tuis op die dorp vermoor is.

Danie (Kat) Fourie (63) se lyk is Woensdagoggend buite sy huis gekry waar dit met ’n waentjieklap bedek was.

Sy tuinwerker (31) is Woensdagmiddag in verband met die moord en die wrede aanval op Fourie se vrou, Marianna (62), in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, is ’n soektog onmiddellik nadat Fourie gevind is, van stapel gestuur en is die verdagte om 14:45 in ’n veld langs die N14 met behulp van gemeenskapslede in hegtenis geneem.

Marianna is ontvoer en vasgebind in die egpaar se Isuzu-bakkie op die N14, naby Mothibistad, Kuruman, gekry. Sy is ernstig beseer en na die hospitaal op Kathu geneem.

Marianna sou na ’n hospitaal in Kimberley oorgeplaas word.

Volgens Kock het die polisie ook ’n .38-rewolwer aan die verdagte gevind, wat na bewering aan die oorledene behoort het.

Die Fourie-egpaar het die verdagte sowat drie weke gelede in diens geneem as tuinwerker en hy het ook ander take vir hulle verrig.

Gen.maj. Johan Bean, groepbevelvoerder van John Taolo Gaetsewe, het al die betrokkenes bedank vir hul spoedige en professionele reaksie wat tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei het.

Die man gaan binnekort in die hof verskyn.

Die polisieondersoek duur voort.

Zimbabwe Army General Constantino Chiwenga Commander of the Zimbabwe Defence Forces addresses a media conference held at the Zimbabwean Army Headquarters on November 13, 2017 in Harare.Zimbabwe’s army chief on November 13 demanded a “stop” to the purge in the ruling ZANU-PF party after the sacking of vice president Emmerson Mnangangwa, and warned the military could intervene. / AFP PHOTO / Jekesai NJIKIZANA

* Enigeen met meer inligting kan kapt. Victor Mabena by 063 691 1089 bel.

Deur:  Lecrecia Prins/BKA

Enjoyed this post? Share it!