#PLAASAANVAL: Man In Ernstige Toestand Na Plaasaanval – Alexandria

Die foto is voor die aanval geneem.  Geen ooreenkoms met die fotos na die aanval nie.  Sien nuwe fotos aan die onderkant van die berig.

Op dieselfde dag wat sowat 1500 optonggangers na die Unie-gebou in Pretoria opgeruk het uit protes teen plaasmoorde, is ‘n man in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem na ‘n aanval op ‘n plaas in die Oos-Kaap.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveilighed van Afriforum, het gese Riaan Scheepers is omstreeks 09:00 na ‘n hospitaal in Port Alfred gehaas voordat hy glo na ‘n hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is.  Volgens Cameron is Scheepers op sy plaas in die Alexandria-omgewing erg aangerand, vasgebind en “vir dood agtergelaat”.

Cameron het gese Afriforum is tans nog besig om die presiese gebeure vas te stel.

Kaptein Mali Govender, woordvoerder van die Polisie, het gese Scheepers is deur twee skurke in sy huis oorval.  Hy is ernstig aangerand.  Die skurke het met sy bakkie gevlug, maar dit is later teruggevind.  ‘n Rewolwer is ook vermoedelik tydens die aanval gesteel”, het Govender gese.

Sy het gese Scheepers is tans stabiele toestand.  “Presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en ‘n ondersoekspan gebruik tans al die hulpbronne tot hul beskikking om die oortreders op te spoor”.

Govender het ‘n beroep op enigiemand, met meer inligting, gedoen om Kaptein Leon Els by  083 387  0749 of Stop Misdaad by 0860 10111 te bel.

‘n Saak van huisroof word ondersoek.

 

Opvolg:  #PLAASAANVAL: Man In Ernstige Toestand Na Plaasaanval – Alexandria

Riaan Scheepers is steeds in ‘n ernstige toestand in die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth nadat hy Saterdagoggend wreed op ‘n plaas in die Alexandria-gebied in die Oos-Kaap aangerand was.

Brent McNamara, voorsitter van die Alexandria-landbouvereniging het in ‘n verklaring gese dat hoewel Scheepers se toestand steeds ernstig is, is hy stabiel.  Die NG Kerk van Alexandria het op hul beurt op hul Facebook-blad gese Scheepers “het baie beserings” opgedoen.  “Bid asseblief vir hom en sy familie,” lui die verklaring.

Scheepers se dogter het nie op ‘n versoek om kommentaar gereageer nie.

Vroeer is berig dat Scheepers, vermoedelik in sy 60’s, omstreeks 09:00 na ‘n hospitaal in Port Alfred gehaas voordat hy na die hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is.

Govender het gese die plaaslike landbougemeenskap was van groot hulp in hul reaksie na die aanval met die opvolg van leidrade.

McNamara het ook die vinnige reaksie van ‘n plaaslike boer, die gemeenskapstrukture en die plaaslike veiligheids- en nooddienste geloof.  “Ons is in ‘n gesprek met die SAPD sedert die aanval en is tevrede dat die ondersoek die nodige vlak van aandag ontvang,” het hy gese.

Deur:  Marine Lourens/Maroela

 

Enjoyed this post? Share it!