#PLAASAANVAL: Boer Buite Villiersdorp Aangeval

‘n Boer (53) van Villiersdorp is ernstig beseer toe hy skurke probeer keer het wat besig was om by sy huis in te breek.
 
Die voorval het Sarerdagaand omstreeks 2:00 plaasgevind op die plaas Lovenstein buite die dorp,
 
Die boer, Willem le Roux, is oorrompel en hy het ernstige beserings in sy gesig, op sy kop asook oor dele van sy lyf opgedoen.
 
Volgen sy broer, Andries, sterk Willem tuis aan. Di is nog nie duidelik waarmee hy geslaan is en of die skurke vuurwapens gehad het nie.
 
“Hulle het eers by sy bakkie ingebreek. Daarna het hulle by die huis se skuifdeur probeer inbreek. Willem het hulle probeer keer en hy is op sy voorkop geslaan, waarvoor hy steke gekry het. Hy het oral kneusplekke.”
 
Andries se hulle is baie bly dat niemand anders in die voorval beseer is nie.
 
Die Villiersdorp-polisie het die voorval bevestig maar kon geen verdere inligting verskaf nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
 
Deur: Rick Marais/Netwerk24Standaard

Enjoyed this post? Share it!