#PLAASAANVAL:  Skurk In Hospitaal Na Plaasaanval

‘n Skurk wat in verband met ‘n aanval Saterdagaand op ‘n plaas in die Lydenburg-distrik in Mpumalanga in hegtenis geneem is, is in die hospitaal nadat hy glo deur inwoners van die plaaslike gemeenskap vasgetrek is.

Daar is vroeer berig dat ‘n 60-jarige man omstreeks 19:00 op sy plaas deur vier gewapende skurke oorval is.  Die polisie het die man intussen as Douglas Dickson geidentifiseer.

Kolonel Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, se dat Dickson blykbaar buite sy huis gebraai en omstreeks 19:00 die huis binnegegaan het om te eet.  Terwyl hy besig was om te eet het vier gewapende skurke die huis binnegekom.

“Hulle het sy hande en voete vasgebind en hom die grond laat le.  Hulle het hom met boomtakke geslaan, geskop en geeis dat hy geld en vuurwapens aan hulle oorhandig.  Hulle het ook ‘n breekyster by hulle gehad en gedreig om hom daarmee aan te rand as hy nie aan hul eise gehoor gee nie:, het Bhembe gese.

Hy het gese Dickson het op die skurke se aandrang vir hulle die kluis gewys, maar daar was geen vuurwapens in die kluis nie.  Die skurke het daarna ‘n groot verskeidenheid goedere insluitend ‘n windbuks, kontant, kruideniersware, sakke en ‘n televisie in die voertuig gelaai voordat hulle gevlug het.

Dickson wat slegs geringe beserings opgedoen het, kon daarin slaag om homself los te wikkel en het hulp ontbied.  Die plaaslike landelike buurtwag het vinnig reageer om die skurke na te spoor.  Een skurk is kort daarna vasetrek met Dickson se gesteelde voertuig en die gesteelde goedere by hom.

Vogens Bhembe was die polisie nie by toe die skurk vasgetrek is nie en was die skurk beseer toe hy aan die polisie oorhandig is.  Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal en was nog nie in staat om ‘n verklaring aan die polisie te gee nie.

Bhembe het gese dat ‘n vuurrwapen waarvan die nommer afgevyl is, is ook in die skurk se besit gevind.  Die ander drie skurke is nog op vrye voet.

‘n Saak van huisroof word ondersoek.

Enigiemand met meer inligtin word versoek om die ondersoekbeampte by 082 957 730 of Stop Misdaad by 080 10111 te bel.

Deur:  Marine Lourens/Maroela

Enjoyed this post? Share it!