Kind in Wes-Kaap dood aan witseerkeel

’n 10-jarige meisie van die Nomzamo-township naby die Strand is dood en drie familielede is besmet met die hoogs aansteeklike bakteriële siekte witseerkeel, het die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement Maandag bevestig.

Die meisie het op 3 Augustus positief getoets vir die siekte en is die volgende dag dood “weens die erns van die siekte”, sê Mark van der Heever, woordvoerder van die departement.

Die siekte is ook by die meisie se ma en twee sibbe gediagnoseer nadat die departement al haar gesinslede getoets het in ’n poging om die verdere verspreiding te keer.

Hulle het medikasie en entstowwe gekry,” sê Van der Heever.

“Meer as 600 individue is in hierdie spesifieke gemeenskap ingeënt,” sê hy.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is 30 000 gevalle van witseerkeel en 3 000 sterftes wêreldwyd in 2000 aangemeld, in vergelyking met byna 100 000 infeksies in 1980.

Hulle het medikasie en entstowwe gekry,” sê Van der Heever.

MEER AS 600 INDIVIDUE IS IN HIERDIE SPESIFIEKE GEMEENSKAP INGEËNT
Gesondheidsdepartement
“Meer as 600 individue is in hierdie spesifieke gemeenskap ingeënt,” sê hy.

Witseerkeel is ’n aansteeklike en potensieel lewensgevaarlike bakteriese siekte. Dit word veroorsaak wanneer die bakterieë ’n gif in ’n persoon se liggaam vrystel wat liggaamsweefsel en organe kan beskadig of vernietig.

Die gif word ook geabsorbeer en kan ’n verskeidenheid sistemiese effekte veroorsaak wat die niere, hart en senuweestelsel aantas.

Dit kom by mense van alle ouderdomme voor maar meestal by kinders wat nie ingeënt is nie. Dit versprei deur hoes of nies.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is 30 000 gevalle van witseerkeel en 3 000 sterftes wêreldwyd in 2000 aangemeld, in vergelyking met byna 100 000 infeksies in 1980.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!