Jong Port Elizabeth Pa Ten Aanskoue Van Sy Vriendin Vermoor

Alan Staines, die pa van Llewellyn Staines (27) wat Vrydagaand in Port Elizabeth doodgesteek is, het bevestig dat hyself nog geen antwoorde het oor wat presies daardie aand gebeur het nie.gebeur het nie.
 
Staines vertel Llewellyn het op die hoek van Somers’- en Sydenhamstrate in Sydenham oor die straat geloop toe ‘n motor hom amper raakgery het. “Die bestuurder van die motor het omgedraai en teruggery na Llewellyn toe en hom toe daar met ‘n mes in die bors gesteek,” het Staines vertel.
 
“Ek is die president van die motorfietsklub en van die lede het my gebel en gese my kind le in die pad. Ek het na die toneel toe gejaag en hom daar gesien waar hy op die grond le. Hy het blykbaar so 25 meter gehardloop voor hy inmekaargesak het”.
 
Volgens Staines het Llewellyn twee kinders, ‘n dogtertjie wat in Johannesburg woon en ‘m 1-jarige seuntjie van hom en sy vriendin wat by hulle gebly het.
 
“Daardie kind was sy hele lewe. Hy het nie gewerk nie, so hy het die hele dag saamm met hom deurgebring. Hy was ‘n baie sagte mens en het ‘n rustige geaardheid gehad. Sy hele lewe het om sy kind gedraai”, het Staines vertel.
 
Koloel Priscilla Naidu, woordvoerder van die Polisie, het die voorval bevestig. Volgens Naidu het ‘n patrollievoertuig op die toneel afgekom kort voor Llewelllyn in die bors gesteek is. ‘n Patrollievoertuig het in die straat gery toe hulle die vriendin daar sien staan en skree,” het Naidu gese.
 
Die vriendin het aan die Polisie gese Llewellyn is deur iemand in ‘n blou motor gesteek. “Die Polisie het ‘n motor voorgekeeren ‘n 32-jarige skurk is in hegtenis geneem..
 
Die skurk het vandag in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die motief vir moord is op die stadium nog onbekend.
 
Deur: Landi latter/Maroela

Enjoyed this post? Share it!