Beampte ‘Fluit Net’ Toe Boer Saak Wil Aangee

 

‘n Video van ‘n Polisiebeampte wat kwansuis weier om ‘n boer by te staan wat ‘n klag van betreding aanhangig wil maak, het sosiale media aan die gons.

Die boer wat anoniem wil bly, het bevestig dat die voorval Maandag omstreeks 12:00 by die Vaalwater-Polisiestasie plaasgevind.

“Ek het ingestap by die Polisiestasie, hy was die enigste beampte daar.  Ek het hom gevra:  “Can you please help me. I want to open a case of trespassing?”  Die man het net gese:  “I’m not going to help you”.  “Hy het omgedraai en weggeloop,”  het die boer gese.

Hy wou die klag aanhangig gaan maak het nadat hy glo sewe mense sonder sonder toestemming op sy plaas gewaar het.  “Ek was regtig nie lelik met hom of enigiets nie.  Ek wil he die Polisie moet my help, plaasmoorde is ‘n werklikheid,” het die boer gese.

Die man vertel hy het na buite gegaan, ‘n rukkie gewag en toe weer ingegaan., “gewapen” met sy selfoon.  “Dit wat op die video plaasvind is wat gebeur het.  Hy het net geweier om my te help.”

Brigadier Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die Polisie, het bevestig die Polisie is bewus van die video wat die rondte op sosiale media doen.

“Ons het reeds met interne ondersoeke begin om vas te stel wat presies gebeur het.  Die voorval het glo in Vaalwater plaas gevind”.

Mojapelo het bygevoeg die Polisie is baie ernstig oor dienslewering.  “Ons sal nie huiwer om stappe te doen teen enige lede wat versuim om aan die beginsels te voldoen nie”

Deur:  Landi Slatter/Maroela

 

 

 

Enjoyed this post? Share it!